Fotograaf van ikoniese Pieterson-foto vereer

Die Sam Nzima-stigting vier sy stigter, die ontslape Sam Nzima, die fotograaf wat die ikoniese Hector Pieterson-foto op 16 Junie 1976 geneem het. Die stigting se voorsitter Thulani Nzima, sê die tweede herdenkingslesing het ten doel om sy nalatenskap vir die Suid-Afrikaanse geskiedenis te eer. Nzima sê die geleentheid gaan ook kunstenaarsregte in die onderhandeling en beskerming van hulle werk ondersoek: