Forensiese toetse duur steeds voort na gru-ongeluk in November

Die Namibiese polisie is op die oomblik besig met forensiese toetse op van die oorledenes van Vrydagaand se gru-botsing buite Nkurenkuru waarin tien mense dood is in ‘n botsing reg van voor. Die voertuie het tydens die botsing aan die brand geraak en van die insittendes is onherkenbaar verbrand. Nampol se Kavango-Wes misdaad ondersoek koördineerder Adjunk-Kommissaris Abner Agas het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.