Fopnuus in verband met inentings verloor momentum – Shangula

Meer as 74 000 Namibiërs het reeds die eerste AstraZeneca spuit ontvang en talle wag reeds langer as die oorspronklike 12 weke vir hulle tweede inenting. Khomas hervat vanoggend die veldtog met tweede spuite van die AstraZeneca entstof wat prioriteit sal geniet. Intussen het die Namibiese gesondheidsminister dr. Kalumbi Shangula gesê dat fopnuus in verband met die inenting, besig is om momentum te verloor. Hy het met die nasionale uitsaaier, die NBC, gepraat.