Fondsinsameling vir Internasionale Strafhof om Putin te vervolg

Meer as 40 ministers van justisie van oor die wêreld heen is vandag in Londen byeen vir samesprekings oor die insameling van geld vir die Internasionale Strafhof om Rusland te vervolg vir oorlogsmisdade in Oekraïne. Dit volg nadat die hof Vrydag ‘n lasbrief vir die inhegtenisneming van Rusland se president, Vladimir Putin, uitgereik het. Die hof sê Putin moet persoonlik aanspreeklik gehou word vir die ontvoering van kinders uit Oekraïne. Brittanje se adjunk-eerste minister, Dominic Raab, sê die internasionale gemeenskap sal voortgaan om geld, mannekrag en die kundigheid te voorsien om toe te sien dat geregtigheid geskied.