Fondse vir weerloses vir dwelmverslaafdes gebruik

Action Society sê Gauteng se premier Panyaza Lesufi moet verduidelik waarom hy dink dis belangrik om fondse wat geoormerk is vir honger kinders en bejaardes, vir ander doeleindes te gebruik. Verskeie organisasies sonder winsbejag het vandeesweek gefrustreerd gereageer toe die LUR vir maatskaplike ontwikkeling, Mbali Hlophe, aangedui het hulle befondsing gaan nou eerder gebruik word vir die program teen dwelm- en middelmisbruik. Action Society se woordvoerder, Ian Cameron, sê hulle glo misdaadvoorkoming en kwesbares se versorging is belangriker as die rehabilitering van dwelmverslaafdes.