Rugby: Oefenkamp vir Blitsbok-vroue in Stellenbosch

Rugby: Die afrigter van die Vroue Springbok-sewes, Renfred Dazel, het Libbie van Rensburg en Jakkie Cilliers ingesluit by sy finale oefengroep vir die Sewes-Uitdaagreeks wat later die maand in Stellenbosch plaasvind. Anacadia Minnaar en Asisipho Plaatjies is uit die groep gelaat, terwyl Felicia Jacobs en Donelle Snyders nie vandeesweek aan die oefening kon deelneem nie. Dazel sê Janse van Rensburg en Cilliers, albei gekontrakteerde spelers, se insluiting in die groep was noodsaaklik omdat hulle ondervinding na die span bring vir dié belangrike reeks.