Fondse moet beskikbaar gemaak word na KZN-vloede 

Die Suid-Afrikaanse parlement se gesamentlike ad hoc-komitee vir vloedrampverligting en -herstel sê hy gaan met die minister van finansies en ander betrokke politieke leiers vergader om seker te maak die natuurramp in KwaZulu-Natal kry die aandag wat dit verdien. Die komitee het sy besoek van vier dae aan die provinsie afgesluit. Die oorstromings in KZN het 459 lewens geëis. Die komitee sê hy wil weet hoe die nasionale regering beplan om fondse beskikbaar te stel om die verligtings- en herstelprogramme die nodige stukrag te gee.