Fokus weer op Google Earth

Die Google Earth-soekenjin is vir die eerste keer sedert 2017 behoorlik bygewerk. Dit sluit ‘n nuwe tydsverloopfunksie in, waarmee mense kan sien hoeveel die planeet die afgelope 37 jaar verander het. Gebruikers kan soek vir die Google Earth Timelapse en dan die meer as 24-miljoen onlangse satellietfoto’s vergelyk met foto’s wat in 1984 geneem is. Die funksie is deur bewaringsgesindes verwelkom wat al lank probeer om die gevolge van aardverwarming aan gewone mense te illustreer.