FNB Unam-rugbyspan hou winter-skenkingsveldtog

Môre gaan nie net ‘n groot rugbydag by die Unam-stadion wees nie. As deel van die borgskap met FNB Namibia, ‘n organiseer die FNB Unam-rugbyspan ‘n winter-skenkingsveldtog. Skenkings van enige aard soos komberse, wintersklere, en kos sal ingesamel word en aan Lifeline/Childline oorhandig word. Die organisasie fokus op die welstand en ondersteuning vir geestesgesondheid. Hulle werk nou saam met die Namibiese regering om kinderbeskerming en maatskaplike kwessies aan te pak. Simon Namesho, Unam-woordvoerder het met Kosmos 94.1 Nuus gesels…