FlySafair sluit nuwe bestemmings, soos Windhoek, in

Die Lugdiens-lisensiëringsraad van Suid-Afrika het aan FlySafair goedkeuring verleen om vlugte na elf nuwe bestemmings binne die Suider-Afrika-streek te bedryf, waaronder tussen Kaasptad en Windhoek. FlySafair se hoof-bemarkingsbeampte, Kirby Gordon, sê die raad het die aansoek goedgekeur om vlugte vanaf Kaapstad en Johannesburg te bedryf na Gaborone, Livingstone, Luanda, Lusaka, Maputo en die Victoria-waterval. Die lugdiens het ook goedkeuring gekry vir vlugte vanaf Johannesburg na Bulawayo, Nairobi en die Seychelle, asook tussen Kaapstad en Windhoek.