Fleming is ingenome met die Kings se vertoning

Chennai Super Kings se afrigter, Stephen Fleming, het Ravindra Jadeja geloof nadat die veelsydige speler ‘n ses en ‘n vier van die laaste twee balle aangeteken het om die span sy vyfde Indiese Premiersliga-titel te besorg. Sai Sudharsan het vroeër 96 aangeteken vir Gujarat Titans, wat 214/4 behaal het voordat die spel deur reën ontwrig is. Die Kings se teiken is verminder tot 171 van 15 boulbeurte en hulle het dit bereik met vyf paaltjies plat. Fleming sê die seisoen het talle naelbytstryde opgelewer: