Fitch se afgradering raak jou direk

Die afgradering deur die Fitch-kredietgraderingsagentskap het wel plaaslik kritiek uitgelok maar, die impak sal wesenlik wees. Fitch het Namibië se kredietgradering van B1 na BB afgeskuif en die vooruitsigte afwaarts aangepas. Die afgradering veroorsaak ‘n verhoging in die koste van lenings vir die regering. Volgens ekonome sal die styging in die koste van skuld op sy beurt ‘n impak op openbare finansies het wat weer ‘n impak op die begroting het. Met minder geld sal daar minder wees vir onderwys en gesondheidsorg en dit raak almal. Die koste om die skuld te dien sal ‘n groter deel van die regering se begroting neem wat beteken daar is minder geld vir alternatiewe besteding. Beleggings, wat broodnodig is, sal ook negatief beïnvloed word.