Fishrot: Ysland lewer nie uit nie

Plaaslike media berig dat owerhede in Ysland bevestig het dat hulle geen amptenare van die Samherji-vismaatskappy of die wat betrokke was met die Firshrot-skandaal sal uitlewer nie. Die aansoek is vroeër deur die kantoor van die aanklaer-generaal Martha Imalwa bevestig. Luidens die berigte sal die drie uitvoerende hoofde van Samherji, Ingvar Juliusson, Egill Helgi Arnason en Adalsteinn Helgason nie uitgelewer word nie omdat dit nie in Ysland se wette vervat is nie. Die land se adjunk-direkteur van openbare vervolging Helgi Magnus Gunnarsson sê Ysland lewer nie sy landsburgers uit nie. Daar is ‘n verbod daarop in die land se wetgewing. Die saak se voorverhoor sal op 17 Junie gehou word.