Fishrot-verhoor weer uitgestel, tot Vrydag

Die saak waarin die Fishrot-beskuldigdes moet pleit op 42 aanklagte wat verband hou met onder meer bedrog, korrupsie en rampokkery, kon nie vandag voor regter Moses Chinhengo voortgaan nie. Twee van die verdedigingsadvokate het nie opgedaag nie met Florian Beukes wat afgeboek is terwyl Mbanga Siyomunji uitstedig is. Voormalige minister van visserye en mariene hulpbronne Bernhardt Esau, verteenwoordig deur Beukes, het aan die hof aangedui dat hy nie in die afwesigheid van sy prokureur ‘n pleit kon lewer nie, terwyl Tamson Hatuikulipi en Nigel van Wyk Chinhengo meegedeel het dat hulle nie bewus was daarvan dat hul prokureur was uitstedig, wat verder aandui dat hulle ook nie in ‘n posisie is om voort te gaan in die afwesigheid van regsverteenwoordiging nie. Regter Chimhengo het die saak tot Vrydag 8 Desember uitgestel.