Koring: Malawi kry dit in twee jaar reg, Namibië ploeter nog voort

Malawi het sy eerste suksesvolle grootskaalse oes van koring ingebring nadat die land sedert 2019 sowat 80 variëteite koring getoets het. Na die uitbreking van die oorlog in die Oekraïne verlede jaar het die land stappe geneem om onafhanklik te word op koringinvoere en het in minder as twee jaar groot vordering getoon. Namibië sukkel reeds jare lank om variëteite teen die noordelike grens te toets maar, tot op hede is daar geen vordering nie. Kosmos 94.1 Nuus het met Erastus Ngaruka, die tegniese adviseur van Agribank se Adviesdienste, gepraat oor wat Namibië moet doen om die situasie te verbeter.