Fishrot-verhoor skop af, gereed of nie

Die Fishrot-verhoor sal vandag voortgesit word voor regter Moses Chinhengo. Daar is Dinsdag deur oud-justisie minister Sacky Shanghala eers bepleit, en later het hy parmantig geraak, dat hulle nie kan voortgaan nie omdat vyf van hulle geen regsverteenwoordiging het nie. Chinhengo het die groep reeds in November gewaarsku dat hulle van Oktober 2021 gehad het om voor te berei. Die groep van vyf skop vas teen regshulp prokureurs. Chinhengo het genoeg gehad.