Aantygings teen Sophia Shaningwa deur komitee ondersoek

Die herrie is los in Swapo. Volgens wat berig word het die party se sekretaris vir ekonomiese aangeleenthede Bernadette Jagger, die partylid Pedro Mwenyo gedaag om voor ‘n ondersoek-komitee te verskyn. Mwenyo het blykbaar gesê dat die party se sekretaris-generaal Sophia Shaningwa het 2,5 miljoen Namibiese dollar by die partybesigheid Guinas Investments onttrek om die onlangse party-byeenkomste regoor die land te betaal. Jagger wil ook gesels met die Guinas raad se voorsitter Joseph Andreas. Die komitee vergader volgende week Dinsdag.