Fishrot sake sal na verwagting saamgevoeg word vandag

Die aansoek om die twee sake teen die Fishrot-verdagtes saam te voeg sal vandag deur regter Christie Liebenberg aangehoor word. In die eerste saak is die verdagtes in hegtenis geneem in November 2019 in verband met die omkoop skandaal van meer as 150 miljoen Namibiese dollar in verband met die visvang-kwotas vir die Yslandse vismaatskappy Samherji. Die tweede saak hou verband met die misbruik van mag, geldwassery, bedrog en sameswering om korrupsie te pleeg. Die saak hou verband met wanvoorstellings aan die Ontvanger oor Nengomar Pesca Namibië se inkomste. Daar is inkomste van 14,1 miljoen Namibiese dollar verklaar terwyl daar eintlik meer as 40 miljoen dollar verdien is.