Fishrot-lot sal vlugtig verskyn vandag

Die Fishrot-beskuldiges se twee sake sal na verwagting vlugtig voor regter Christie Liebenberg voorkom. Liebenberg is tans besig met die verhoor van die twee Amerikaanse moordbeskuldigdes Marcus Thomas en Kevan Townsend. Die aansoek om die twee sake saam te voeg, wat deur die voormalige minister van justisie Sacky Shanghala teengestaan word, sal op 20 September aangehoor word. In die eerste saak is die sewe in hegtenis geneem in November 2019 in verband met die omkoop skandaal van meer as 150 miljoen Namibiese doller in verband met die visvang kwotas vir die yslandse vismaatskappy Samherji. Die tweede saak hou verband met die misbruik van mag, geldwassery, bedrog en sameswering om korrupsie te pleeg. Die saak hou verband met wanvoorstellings aan die Ontvanger oor Nengomar Pesca Namibië se inkomste wat onderverklaar is.