Fishrot-lot in sak en as na weiering van borg

Volgens ‘n regsverteenwoordiger is die Fishrot-lot in sak en as en teleurgesteld ná regter Shafimana Uitele in die Windhoekse hoërhof hul bortog-aansoek van die hand gewys het. Die ses wat vir borgtog aansoek gedoen het sluit James Hatuikulipi, die voormalige minister Sacky Shanghala, Mike Nghipunya, Pius Mwatelulo, Otneel Shuudifonya en Phillipus Mwapopi in. Die ses mans word saam met vier ander daarvan aangekla dat hulle sowat 317 miljoen Namibiese dollar verduister het, of voordeel daaruit getrek het na ‘n vermeende bedrogspul in verband met visvangkwotas aan die Yslandse vismaatskappy, Samherji. Net hul mede-beskuldigde Ricardo Gustavo, is reeds op borgtog vrygelaat. Regsverteenwoordiger Lucius Murorua gee sy reaksie oor die uitspraak.