Fishcor-raad het nie geweet oor N$17,5m betaling na Sisa-regsfirma nie

‘n Voormalige direkteur van Fishcor, Bennett Kangumu sê die raad is nie ingelig oor die 17,5 miljoen Namibiese dollar wat oorbetaal is aan Sisa Namandje se regsfirma nie. Dit kom na ‘n verklaring deur Paulus Ngalangi, Fishcor se finansiële bestuurder, by die Teenkorrupsie-kommissie ingedien is. In sy verklaring sê Ngalangi dat die instruksies om die geld oor te betaal was mondelings aan hom gegee deur Mike Nghipunya, Fishcor se destydse uitvoerende hoof en ook ‘n Fishrot-beskuldigde. Die geld moes blykbaar gebruik word vir die befondsing van regeringsprojekte wat droogteverligting insluit maar is aan Vaino Nghipondoka, a bekende plaaslike sakeman, en Armas Amukwiyu, Swapo se streekskoördineerder in Oshikoto oorbetaal. Kangumu sê die raad het die eerste keer oor die betalings uitgevind na berigte in die media en dat die betalings nie in die maatskappy se finansiële state aangedui is nie. Namandje het enige bewerings van ongerymdhede ontken.