FirtRand-stigting gee N$2,7 miljoen vir onderwys

Die FirstRand Namibia-stigting het ondersteuning van 2,7 miljoen Namibiese dollar vir onderwys in al 14 streke van Namibië aangekondig. Die voorsitter van die stigting, Clara Bohitile, sê die stigting is daartoe verbind om ‘n verskil te maak met hierdie bydrae met die uitdagings wat die onderwyssektor in die gesig staar. Die adjunkminister van onderwys, Faustina Caley sê daar is veral uitdagings met die lewering van kwaliteit onderwys by skole in afgeleë gebiede met onder meer ‘n gebrek aan infrastruktuur en internet-verbinding.