FirstRand Namibia skenk toerusting aan Veterinêre Akademiese Hospitaal

FirstRand Namibia het kliniese toerusting en mediese verbruiksgoedere ter waarde 500 000 Namibiese dollar aan die Veterinêre Diagnostiese Laboratorium by die Universiteit van Namibië se Veterinêre Akademiese Hospitaal geskenk, asook meer as 130 000 dollar aan Unam Cares. Revonia Job, bestuurder van FirstRand Namibia, gesels met Kosmos 94.1 Nuus.