Finse vlag by Navo gehys

Die Finse vlag is amptelik by die hoofkantoor van die Noord-Atlantiese Verdragsorganisasie in Brussel gehys. Finland het vandag die 31ste lid van Navo geword. Die Finse President Sauli Niinisto en ander Navo-ministers het die toetredings-plegtigheid bygewoon. Finland is het grens van meer as ‘n 1 000 kilometer met Rusland, en het aansoek gedoen om Navo-lidmaatskap toe Rusland Oekraïne binnegeval het. Volgens die Kremlin hou Rusland die situasie fyn dop. ‘n Woordvoerder Dmitriy Peskov sê die Finse lidmaatskap van Navo is ‘n skending van Rusland se veiligheid en nasionale belange.