Finse President besoek Namibië volgende week

Die President van Finland Sauli Niinistö gaan ‘n amptelike staatsbesoek volgende week aan Namibië bring. Die Namibiese inligtingsministerie het bevestig dat die Finse President op uitnoding van President Hage Geingob Namibië van 26 tot 28 April sal besoek. Finland en Namibië deel ‘n lang geskiedenis met Finland wat Namibië ook gehelp tydens die bevrydingstryd. Namibiese oudpresident Hifikipunye Pohamba het in 2013 ‘n staatsbesoek aan Helsinki aan Niinistö gebring.