Finland stuur pandas terug, hulle is te duur

Finland het aangekondig twee reusepandas gaan vroeër na China terugkeer oor die onkoste daaraan verbonde. Lumi en Pyry was veronderstel om tot 2032 in die Ähtäri-dieretuin te bly, maar die park het besluit om hulle terug te stuur weens inflasie en skuld wat met die Covid 19-pandemie verband hou. Volgens berigte kos dit 29 miljoen Namibiese dollar per jaar om die diere te versorg en die Finse regering was nie bereid om die onkoste te deel nie. Die reusepandas gaan binnekort ‘n maand lank in kwarantyn wees voor hulle na China sal reis.