Finland berei voor dat Swede ook by Navo aansluit

Die Finse ambassadeur in die Verenigde Koninkryk, Jukka Siukosaari, sê hulle berei reeds voor dat Swede ook by Navo aansluit. Dit kom na Finland vandag die 31ste lidland van die verdrag geword nie. Turkye staan Swede se lidmaatskap teen omdat hy sê die Sweedse regering ondersteun terrorisme. Siukosaari het met Britse media gepraat.