Finkenstein Bosmark môre

Die gewilde Bosmark vind môre weer by Finkenstein buite Windhoek plaas. Daar is baie dinge om te doen en lekker eet en drinkgoed vir die hele familie. Dit begin agt-uur en duur tot een-uur. Birgit Von Ludwiger die organiseerder van die bosmark het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.