Finansiële Intelligensiesentrum kry R5 miljard se bates terug

Die Finansiële Intelligensiesentrum in die buurland het volgens berigte tot vyf miljard Suid-Afrikaanse rand se bates teruggekry wat deur misdaad bekom is. Dit is ‘n toename vanaf die 3,3 miljard rand wat in die vorige boekjaar teruggekry is. Die misdade behels korrupsie in die finansiële sektor. Die minister van finansies, Enoch Godongwana, het die sentrum gelukgewens en sê sulke misdade is uitgewys as van die grootste bydraende faktore tot die verslegting van die ekonomie. Die sentrum het meer as ‘n half-miljoen verdagte en ongewone transaksies uitgewys.