Finale betoë voor vonnisoplegging in plaasmoord

Finale betoë word vandag in die hoërhof gelewer in die saak van Kazana Hausiku wat in 2018 ’n boer van die Otjimbingwe-omgewing met ’n byl doodgeslaan en sy vrou verkrag en ontvoer het. Hausiku het in die hof aangevoer dat hy Hendrik Coetzee, 59, in selfverdediging in die kop met ‘n byl geslaan het en dat Coetzee se vrou, Maria aangebied het om hom dorp toe te neem. Hy het die voertuig naby Wilhelmstal omgegooi en vlug ingeslaan. Hy is uiteindelik op Rundu gearresteer. Regter Naomi Shivute het Hausiku in Augustus aan ses klagte skuldig bevind, naamlik moord, verkragting, ontvoering, roof met verswarende omstandighede, die bestuur van ’n voertuig sonder ’n lisensie asook roekelose en/of nalatige bestuur.