Fikile se saak nie reg hanteer nie – AfriForum

AfriForum kla oor die Nasionale Vervolgingsgesag se onbevoegdheid en vertraging met die strafregtelike saak teen die sekretaris-generaal van die ANC, Fikile Mbalula. Die saak spruit uit ʼn verslag van die Openbare Beskermer in 2018 oor Mbalula se gesinsvakansie in Dubai. Hoewel die Valke die dossier drie maande gelede aan die gesag besorg het, is geen besluit nog oor vervolging geneem nie. Barry Bateman van AfriForum se private vervolgingseenheid sê hulle is teleurgesteld in die gesag se hantering van die saak en regstappe is moontlik: