Fikile sê geen wetteloosheid sal in ANC geduld word

Die ANC se nuutverkose sekretaris-generaal, Fikile Mbalula, sê onder sy toesig sal geen wetteloosheid in die party geduld word nie. Mbalula het lede van die media toegespreek ná die bekendmaking van die ANC Top 7-uitslae by die 55ste Nasionale Konferensie by Nasrec in Johannesburg. Hy sê die tugkomitee van die ANC sal optree teen lede wat in die parlement saam met die opposisie gestem het oor die Phala Phala-verslag. Mbalula sê dié saak sal nie onder die mat gevee word nie.