Fikile: Regering sal leiding gee oor Putin se besoek

Die sekretaris-generaal van die ANC, Fikile Mbalula sê die party se nasionale werkkomitee verwelkom die regering se verslag oor die voorbereiding vir die Brics-beraad wat Suid-Afrika in Augustus aanbied. Mbalula het die publiek ingelig oor die uitkomste van die komitee se besoek aan Noordwes. Hy sê die komitee verwag dat die regering leiding sal gee oor die kwessie van Russiese President, Vladimir Putin, en sal seker maak alles voldoen aan wetlike vereistes.