Fikile prys Eskom oor verligting van beurtkrag

Die ANC se sekretaris-generaal, Fikile Mbalula, het Eskom se pogings geprys om die uitwerking van beurtkrag te verlig. Hy het op ‘n nuuskonferensie gepraat waar hy die uitkomste van die party se nasionale werkskomitee-vergadering uiteengesit het. Mbalula wys daarop daar is die afgelope weke ‘n aansienlike afname in die voorkoms van kragonderbrekings. Hy skryf die verbetering van die netwerk toe aan ingrypings van die regering deur die aanstelling van ‘n minister van elektrisiteit.