Fifa stel Normaliseringskomitee vir Namibiese Sokkervereniging aan
Fifa het ‘n nuwe Normaliseringskomitee vir die beleërde Namibiese Sokkervereniging aangestel. Die aangestelde lede van die nuwe Normaliseringskomitee, wat nog deur ‘n finale Fifa-toelatingstoets moet gaan, is Bisey Uirab as voorsitter, Afra Schimming-Chase as ondervoorsitter, en Willy Meertens, Esmeralda Muhinatjo Katjaerua en Dinaa Shituula as lede. Fifa het sy jongste besluit aangekondig in ‘n brief wat vandag aan die sekretaris-generaal van die vereniging, Franco Cosmos gestuur is.