Eurowings Discover vlieg vandag vir die eerste keer via Windhoek na Victoria-valle

Die Airbus A330-vliegtuig van die Lufhansa-groep se lugredery  Eurowings Discover het vandag vir die eerste keer vanaf Frankfurt by die Victoria Falls Internasionale Lughawe in Zimbabwe geland. Eurowings Discover bied drie weeklikse vlugte vanaf Frankfurt via die Internasionale Lughawe Hosea Kutako na die Victoria-valle aan.