Fietsryers moet opruk Okh-hof toe, dit gaan oor veiligheid

Die Bean-egpaar van Okahandja doen ‘n beroep op fietsryers om môre op te ruk na die landdroshof op Okahandja ter ondersteuning van die tref-en-trap-saak waar Christiaan baie ernstig beseer is. Die ongeluk het op 11 November 2021 plaasgevind en Jeff Clydon Gaweseb het onskuldig gepleit. Die kwessie van die veiligheid van fietsryers in die land bly in die nuus en Christiaan se vrou, Silke, sê dit handel nie net oor dié saak nie maar, oor almal wat fietsry. Sy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.