Fergie se velkanker jaag mense na inligtingswebwerf

Die nasionale gesondheidsdiens in Brittanje sê daar is ‘n groot toename in die aantal mense wat sy webwerf besoek vir inligting oor melanoom-velkanker sedert Sarah, die hertogin van York, haar diagnose aangekondig het. Die gesondheidsdiens sê sy aanlynblad oor die siekte is een keer elke 13 sekondes besoek in die twee dae ná die aankondiging. Dit verteenwoordig ‘n toename van 741%. Die diens moedig mense aan om hulp te soek as hulle enige veranderinge aan hul vel en liggame opmerk.