Fenata reël vertroulike toerisme-statistiek

Die tekort aan betroubare statistieke beïnvloed die geloofwaardigheid van die plaaslike toerismebedryf. Die syfers van die regering is gebaseer op die inkomste uit net hotelle en restaurante wat nie die volle prentjie skets nie. Die Federasie van Toerisme-verenigings, Fenata, poog nou om statistieke in te samel, om veral die pogings om meer rederye na Namibië te lok, te ondersteun. Maar, inligting is sensitief en moet konfidensieel behandel word. Dus is die bekende ekonoom Theo Klein van Simonis Storm aangestel om die syfers in te samel om die proses vetroulik te hou en die verslag saam te stel. Alle lede van Fenata-verenigings wat as akkommodasieverskaffers optree, toeroperateurs, motorverhuringsmaatskappye, lugverhuringsmaatskappye, professionele jaggidse en reisagentskappe of toerfasiliteerders word uitgenooi om ‘n vraelys te voltooi en direk by Klein in te dien.