Fenata distansieer homself van Namiba Travel and Tourism Forum

Die Federasie van Namibiese Toerisme-verenigings, Fenata, sê die toerisme-sambreelorganisasie verteenwoordig die diversiteit van die Namibiese toerismesektor. Fenata het in ‘n mediaverklaring hulself van die Namibia Travel and Tourism Forum van Nrupesh Soni gedistansieer wat volgens hulle verdeeldheid en chaos in die toerismebedryf saai en die Namibiese toerismebeeld plaaslik en internasionaal skaad. Fenata skaar hom ook agter die Gasvryheidsvereniging van Namibië en ander toerisme-entiteite wat glo deur Soni aangeval en gekritiseer is. Nathaly Ahrens van die Toer- en Safarivereniging, sê aan Kosmos 94.1 Nuus dit is tyd dat die toerismesektor in hierdie moeilike tyd moet saamstaan.