Feestyd: Dis ‘n gevaarlike tyd vir meisies

Die feestyd is op hande, maar daar is uitdagings. Kinders skyn om hierdie tyd van die jaar meer kwesbaar te word vir alle vorme van mishandeling, veral in lande met hoë voorvalle van geslagsgeweld. Seksuele mishandeling en verkragtingsake neem gewoonlik in die vakansietyd toe, met baie van die slagoffers wat jong meisies is. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met advokaat Ingrid Husselmann, die voormalige kinderadvokaat deur die Kantoor van die Ombudsman, oor wat die gevare is vir kinders, veral meisies, in die vakansietydperk.