Federer sluit sy loopbaan af met nederlaag

Roger Federer het sy merkwaardige loopbaan vroeg vanoggend met ‘n pynlike nederlaag in ‘n dubbelspelwedstryd saam met sy jarelange mededinger, Rafael Nadal, by die Laver-beker afgesluit. Die 20-malige Grand Slam-kampioen wat las het van ‘n kniebesering, het nog nie weer sedert die 2021-Wimbledon-kwarteindronde gespeel nie en het verlede week sy uittrede op 41-jarge ouderdom aangekondig. Federer en Nadal is deur die Team World-span, Frances Tiafoe en Jack Sock, met 4-6, 7-6 en 11-9 by die O2-arena in Londen geklop.