Federale regering bekyk Texas aborsie-wet

Die Amerikaanse departement van justisie sê hy sal aanvalle op persone wat of ‘n aborsie soek, of die diens verskaf, in Texas duld nie. Die land se aanklaer-generaal Merrick Garland sê sy departement kyk na moontlike maniere om die nuwe wetgewing in Texas uit te daag. Die deelstaat het alle aborsies na ses weke onwettig verklaar en die wetgewing maak ook voorsiening daarvoor dat enige persoon wat iemand bystaan om ‘n onwettige aborsie te bekom, ook aangekla kan word, al is dit byvoorbeeld ‘n taxi-bestuurder. Garland sê die Freedom of Access to Clinic Entrances, of te wel, FACE-wetgewing sal gebruik word om lede van die publiek te beskerm. Die wetgewing is deur Bill Clinton onderteken om geweld by aborsie-klinieke te beheer.