Fearika Botha van IPC gee haar redes vir bedanking as Otji-raadslid

Die Independent Patriots for Change se plaaslike owerheids-raadslid, Fearika Botha, het uit haar pos as raadslid van die Otjiwarongo-munisipaliteit bedank. Botha het gesê sy het weens gesondheidsredes bedank, asook om haar tyd aan haar gesin te wy. Sy het op 20 Mei uit die bestuurskomitee van die munisipaliteit bedank en gekies om ‘n gewone raadslid te bly, die pos waaruit sy ook nou bedank het. Sy het destyds beweer daar is vyandige werksverhoudinge tussen haar en die voorsitter van die bestuurskomitee van die munisipaliteit, Godhardt Hoko. Botha gee haar redes vir haar bedanking aan Kosmos 94.1 Nuus.