FBI stel 9/11-dokumente vry

Die FBI in die VSA het ‘n dokument vrygestel wat voorheen geklassifiseerd was. Dit gaan oor die logistieke hulp wat twee Saoedi-kapers gekry het in aanloop tot die terreur-aanval op 11 September 2001. Die dokument bevat besonderhede oor kontak wat die kapers met Saoedi-medepligtiges in Amerika gehad het, maar bewys nie enige betrokkenheid deur senior Saoediese regeringsamptenare by die komplot nie. Dis die eerste ondersoekrekord wat bekend gestel is sedert die Amerikaanse President Joe Biden opdrag gegee het om dokumente wat jare lank vir die publiek ontoeganklik was, te deklassifiseer.