FB-onderbreking: Zuckerberg verloor miljarde

Die netto-waarde van die uitvoerende hoof van Facebook, Mark Zuckerburg, het glo gister met 105,46 miljard Namibiese dollar geval ná die ses-uur-lange onderbreking van die sosiale media-reus se netwerk, asook die van Instagram en WhatsApp. Facebook se aandeelprys het met sowat 5 persent gedaal, en Zuckerberg wat nagenoeg 15 persent van die maatskappy se aandele besit, het tot die vyfde plek op Bloomberg se Miljardêr-indeks teruggesak. Daar word berig die onderbreking het plaasgevind te midde van die Facebook fluitjieblaser, Frances Haugen, se verdoemende aantygings in die openbaar, insluitend haar onsteltenis oor die maatskappy se beleid wat volgens haar winste belangriker as openbare veiligheid ag.