Fase twee-beurtkrag terug vandag

Eskom het aangekondig fase twee-beurtkrag word van vanmiddag vier-uur tot vanaand tien-uur in Suid-Afrika toegepas. Woordvoerder Sikonathi Mantshantsha sê dit sal ook van môre tot Saterdag geld van vyf in die oggend tot tien-uur die aand. Die tekort aan opwekkingsvermoë word toegeskryf aan eenhede wat onklaar geraak het, en ander wat nie betyds weer in diens gestel kon word nie. Mantshantsha verduidelik 16 142-megawatt krag is tans nie beskikbaar nie: