Farrell is nuwe hoofafrigter van Britse en Ierse Leeus

Rugby: Ierland se afrigter, Andy Farrell, is aangewys as die hoofbreier van die Britse en Ierse Leeus vir volgende jaar se toer na Australië. Die Engelsman, die pa van die Engelse kaptein, Owen Farrell, volg die Nieu-Seelander Warren Gatland op wat na die Leeu-toer in Suid-Afrika in 2021 uitgetree het. Farrell was Gatland se hulpafrigter tydens die Leeu-toer in 2013 en weer vier jaar later. Sy rol by die span begin in Desember vanjaar.