Wêreldberoemde Rosenkowitz-sesling vier 50ste verjaarsdag

Suid-Afrika se wêreldberoemde Rosenkowitz-sesling vier vandag hulle 50ste verjaarsdag. Die drie seuns – David, Grant en Jason – en hulle drie susters – Emma, Nicolette en Elizabeth – het op hierdie dag in 1974 die eerste sesling ter wêreld geword wat lewend gebore is. Die geboorte in die Mowbray-hospitaal in Kaapstad het wêreldwyd ʼn opskudding veroorsaak. Die sestal se ouers, Colin en Susan, is in 1989 geskei. Die sesling woon nou in verskillende wêrelddele en Grant het sy broers en susters op Facebook gelukgewens.