Farmers Meat gaan weer na Europa uitvoer

Skaap-produsente sal ‘n sug van verligting slaak nadat Farmers Meat van Hartlief aangekondig het dat uitvoere na Europa teen einde Januarie of begin Februarie sal hervat. Volgens plaaslike berigte het Günther Ling, die bedryfsdirekteur van Hartlief Groep, gesê oudits vir twee nuwe kliënte is reeds afgehandel. Hulle verwag einde Desember terugvoer van bestellings uit Denemarke, Swede en Noorweë. Uitvoerverslagting vir die Europese mark is begin Augustus gestaak omdat die vraag na skaapvleis en pryse afgeneem het. Ling voorsien dat die volle kwota van 400 ton volgende jaar aan Noorweë gelewer sal kan word.